1 Samuel 5:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die hand van die HERE was swaar op hulle van Asdod, en Hy het hulle verdelg en hulle met slyne verslaan, naamlik Asdod en sy grondgebied.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe begin die Here die mense van Asdod en die omliggende dorpe met ’n plaag van swere tref.
Afrikaans 1933/1953 Maar die hand van die HERE was swaar op die Asdodiete, en Hy het hulle verskrik en hulle getref met geswelle, Asdod en sy grondgebied.
Afrikaans 1983 Die Here het die Asdodiete swaar gekasty: Hy het Asdod en sy gebied in beroering gebring en hulle met pesswere getref.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hand van die Here was swaar op die mense van Asdod. Hy het paniek gesaai onder hulle, en Hy het hulle, dit is Asdod en sy omliggende gebied, getref met swelsels.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het die mense van Asdod baie swaar laat kry. Hy het hulle bang laat word en Hy het sere op hulle liggame laat kom. Die sere was op al die mense van Asdod, oral in hulle land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het die mense van Asdod en die hele omgewing laat les opsê en hulle vol swere gemaak.