1 Samuel 5:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle van Asdod die volgende môre vroeg klaarmaak, kyk, val Dagon op sy aangesig na die aarde voor die ark van die HERE. En hulle het Dagon geneem en hom weer op sy plek gesit.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die Asdodiete die volgende oggend daar kom, het die beeld van Dagon vooroor geval met sy gesig op die grond voor die ark van die Here! Hulle het die beeld weer regop getel.
Afrikaans 1933/1953 Toe die Asdodiete vroeg die volgende môre daarheen gaan, sien hulle Dagon lê met sy gesig op die grond voor die ark van die HERE. En hulle het Dagon geneem en hom weer op sy plek gesit.
Afrikaans 1983 Toe die Asdodiete die volgende môre opstaan, het Dagon vooroorgeval op die grond gelê, voor die ark van die Here. Hulle het vir Dagon opgetel en op sy plek teruggesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die mense van Asdod vroeg die volgende môre opstaan – daar lê Dagon met sy gesig teen die grond voor die ark van die Here! Hulle het Dagon geneem en hom op sy plek teruggesit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die mense van Asdod die volgende oggend opstaan, sien hulle daar lê Dagon met sy gesig op die grond voor die kis van die Here. Hulle het vir Dagon geneem en hom regop gesit op sy plek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vroeg die volgende dag, toe die mense van Asdod daar kom, sien hulle Dagon het plat op sy gesig geval voor die ark van die Here. Hulle het Dagon opgetel en hom weer regop op sy plek gesit.