1 Samuel 5:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die manne wat nie gesterf het nie, is met straf geslaan, en die geroep van die stad het na die hemel opgeklim. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dié wat nie gesterf het nie, is deur die plaag getref. ’n Groot noodkreet het in die stad opgegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die mense wat nie gesterf het nie, is met geswelle getref, sodat die hulpgeroep van die stad na die hemel opgeklim het. |
| Afrikaans 1983 | die mense wat nie gesterf het nie, is met pesswere getref. Die geskreeu in die stad kon baie ver gehoor word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die mense wat nie dood is nie, is getref met swelsels; en die noodkreet van die stad het na die hemel gestyg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat nie gesterf het nie, het sere op hulle liggame gehad. Almal het gekla en gesug en hulle het tot hulle gode gebid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense wat nog nie dood was nie, was vol swere. Jy kon die gekerm van die dorp se mense kilometers ver hoor. |