1 Samuel 5:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het toe gestuur en al die vorste van die Filistyne bymekaar laat kom en gesê: Stuur die ark van die God van Israel weg en laat dit teruggaan na sy plek, dat dit ons en ons volk nie doodmaak nie; want daar was 'n dodelike verwoesting deur die hele stad; die hand van God was daar baie swaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle roep toe weer die leiers van die Filistyne bymekaar en pleit by hulle: “Asseblief, stuur die ark van die God van Israel terug na sy eie plek, want dit sal ons almal doodmaak.” ’n Dodelik siekte het alreeds uitgebreek sodat die inwoners van die stad baie bang geword het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het hulle al die vorste van die Filistyne byeen laat kom en gesê: Stuur die ark van die God van Israel weg, dat dit na sy plek kan teruggaan en my en my volk nie doodmaak nie. Want daar het 'n dodelike verwarring in die hele stad gekom: die hand van God was daar baie swaar. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het boodskappers gestuur en al die regeerders van die Filistyne laat bymekaarkom en gesê: “Stuur weg die ark van die God van Israel. Laat dit na sy eie plek toe teruggaan sodat dit ons en ons mense nie doodmaak nie.” Daar was 'n dodelike siekte in die hele stad. Die hand van God het swaar gelê op hulle: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het al die Filistynse regeerders ontbied, hulle byeengebring en vir hulle gesê: “Stuur die ark van die God van Israel weg, sodat dit na sy plek kan teruggaan en nie ons en ons volk doodmaak nie.” Daar het immers 'n doodspaniek in die hele stad geheers. Die hand van God was baie swaar daarop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het toe al die leiers van die Filistyne laat bymekaarkom en vir hulle gesê: “Julle moet die kis van die God van Israel wegstuur, dit moet teruggaan na sy eie plek. As die kis hier bly, dan sal dit ons almal laat sterf.” Die mense van Ekron het dit gesê omdat almal in die stad bang was dat hulle sal sterf. God het hulle baie swaar laat kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle roep toe weer die vyf regeerders van die Filistynse stadstate bymekaar en sê vir hulle: “Stuur tog die ark van die God van Israel na sy plek toe terug, anders is ons en ons mense almal dood.” Die mense van die dorp het verskriklik bang geword, want die Here het die plek laat swaarkry. |