1 Samuel 5:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het hulle die ark van God na Ekron gestuur. En terwyl die ark van God in Ekron kom, het die Ekroniete uitgeroep en gesê: Hulle het die ark van die God van Israel na ons toe gebring om ons en ons volk dood te maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Vervolgens het hulle die ark van God na die stad Ekron toe gestuur. Maar toe die mense van Ekron dit sien aankom, het hulle uitgeroep: “Hulle bring die ark van die God van Israel hiernatoe om ons ook dood te maak!”
Afrikaans 1933/1953 Daarop stuur hulle die ark van God na Ekron. Maar toe die ark van God in Ekron kom, het die Ekroniete geskreeu en gesê: Hulle het die ark van die God van Israel na my toe oorgebring om my en my volk dood te maak.
Afrikaans 1983 Daarna het hulle die ark van God weggestuur na Ekron toe. Toe die ark van God in Ekron kom, het die Ekronners geskreeu: “Hulle het die ark van die God van Israel na ons toe gebring om ons en ons mense dood te maak.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe stuur hulle die ark van God na Ekron; maar die oomblik toe die ark van God by Ekron aankom, het die mense van Ekron uitgeskreeu: “Hulle het die ark van die God van Israel na ons verskuif om ons en ons volk dood te maak!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het toe die kis van God na die stad Ekron gestuur, maar toe dit daar kom, het die mense van Ekron geskree en gesê: “Hulle het die kis van die God van Israel hiernatoe gebring om ons almal te laat sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarop stuur hulle die ark van God Ekron toe. Toe die ark dáár aankom, skree die mense van Ekron: “Hulle het die ark van die God van Israel na ons toe gebring! Hulle wil ons en ons mense almal dood hê!”