1 Samuel 5:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Filistyne het die ark van God geneem en dit van Ebenéser na Asdod gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat die Filistyne die ark van God afgevat het, het hulle dit vanaf Eben-Haeser na die stad Asdod toe gedra. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Filistyne het die ark van God geneem en dit van Ebenha,ser af na Asdod gebring. |
| Afrikaans 1983 | Die Filistyne het die ark van God gevat en dit van Eben-Haeser af na Asdod toe gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die Filistyne die ark van God weggevoer het, het hulle dit van Eben-Haeser af na Asdod toe gebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Filistyne het die verbondskis van God gevat en hulle het dit van die stad Eben-Haeser na die stad Asdod gebring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Filistyne het die ark van God van Eben-Haeser af Asdod toe gevat. |