1 Samuel 4:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wee ons! wie sal ons verlos uit die hand van hierdie magtige gode? dit is die gode wat die Egiptenaars getref het met al die plae in die woestyn.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie kan ons red van hierdie magtige God van Israel? Dit is dieselfde God wat Egipte in die woestyn met allerlei plae geteister het.
Afrikaans 1933/1953 Wee ons! Wie sal ons red uit die hand van hierdie geweldige gode? Dit is dieselfde gode wat die Egiptenaars met allerhande plae getref het in die woestyn.
Afrikaans 1983 Dis klaar met ons! Wie sal ons red uit die mag van hierdie geweldige God? Dit is dié God deur wie die Egiptenaars in die woestyn getref is met allerhande plae.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wee ons! Wie sal ons red uit die hand van hierdie magtige gode? Dit is dieselfde gode wat die Egiptenare in die woestyn met allerhande plae getref het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal nou sleg gaan met ons, wie sal ons red van hierdie sterk God? Dit is dieselfde God wat die Egiptenaars in die woestyn siek gemaak het en hulle laat sterf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons is in die moeilikheid! Wie sal ons help teen hierdie magtige God? Dis dieselfde God wat die Egiptenaars in die woestyn so laat swaarkry het met al die plae.