1 Samuel 4:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die Filistyne die geluid van die geskreeu hoor, sê hulle: Wat beteken die geluid van hierdie groot geskreeu in die laer van die Hebreërs? En hulle het verstaan dat die ark van die HERE in die laer ingekom het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wat gaan aan?” het die Filistyne gevra. “Waaroor gaan al die geskreeu in die kamp van die Hebreërs?” Toe hulle hoor dat die verbondsark van die Here daar aangekom het,
Afrikaans 1933/1953 En die Filistyne het die geluid van die gejuig gehoor en gesê: Watter geluid van 'n groot krygsgeskreeu is dit in die laer van die Hebreërs? Toe verneem hulle dat die ark van die HERE in die laer gekom het.
Afrikaans 1983 Die Filistyne het die geskreeu gehoor en gevra: “Wat vir 'n geskreeu is dit daar in die laer van die Hebreërs?” Die Filistyne het toe uitgevind dat die ark van die Here in die kamp aangekom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Filistyne het die geluid van die strydkreet gehoor en gevra: “Wat beteken hierdie harde strydkreet in die kamp van die Hebreërs? ” Toe besef hulle dat die ark van die Here by die kamp aangekom het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Filistyne het gehoor die Israeliete skree en hulle wil weer begin veg. Hulle het gevra: “Hoekom skree die Hebreërs so?” Toe die Filistyne hoor dat die kis van die Here in die kamp van die Israeliete gekom het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Filistyne het die harde geskree gehoor en gevra: “Watse vreeslike geskree is dit daar in die Hebreërs se kamp?” Toe hulle hoor dat die ark van die Here in die kamp aangekom het,