1 Samuel 4:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die verbondsark van die HERE in die laer kom, het die hele Israel met 'n groot geskreeu uitgeroep, sodat die aarde weer gedreun het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die Israeliete sien dat die verbondsark van die Here die kamp ingebring word, het hulle gejuig van blydskap. Die gejuig was so hard dat die grond gebewe het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En net toe die verbondsark van die HERE in die laer inkom, hef die hele Israel 'n groot krygsgeskreeu aan, sodat die aarde gedreun het. |
| Afrikaans 1983 | Toe die verbondsark van die Here in die laer kom, het die hele Israel so hard geskreeu dat die aarde weergalm het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die oomblik toe die verbondsark van die Here by die kamp aankom, het die hele Israel so 'n harde strydkreet aangehef dat die aarde gedreun het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die verbondskis van die Here by die kamp van die Israeliete kom, het hulle almal hard geskree, want hulle wou begin oorlog maak. Die aarde het geskud. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die ark van die Here in die kamp kom, het al die Israeliete geskreeu dat die aarde bewe. |