1 Samuel 4:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe die manskappe in die laer kom, sê die oudstes van Israel: Waarom het die HERE ons vandag voor die Filistyne verslaan? Laat ons die verbondsark van die HERE vir ons uit Silo gaan haal, dat dit ons kan red uit die hand van ons vyande as dit onder ons kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ná die geveg het die Israeliete teruggegaan na hulle kamp toe. Die leiers het gevra: “Hoekom het die Here toegelaat dat die Filistyne ons verslaan? Kom ons kry die verbondsark van die Here wat in Silo is en neem dit saam na die slagveld toe. Dit sal ons red van ons vyande.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Terwyl die manskappe die laer inkom, sê die oudstes van Israel: Waarom het die HERE ons vandag voor die Filistyne verslaan? Laat ons die verbondsark van die HERE uit Silo na ons toe bring, dat dit onder ons inkom en ons verlos uit die hand van ons vyande. |
| Afrikaans 1983 | Toe die manskappe van Israel in die laer kom, het die leiers gesê: “Waarom het die Here ons vandag voor die Filistyne laat vlug? Kom ons gaan haal die verbondsark van die Here uit Silo na ons toe dat dit by ons kan wees om ons te red uit die greep van ons vyande.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die manskappe by die kamp aankom, vra die oudstes van Israel: “Waarom het die Here ons vandag voor die Filistyne uit verslaan? Ons moet die •verbondsark van die Here uit Silo na ons toe bring, sodat Hy tussen ons kan inkom en ons verlos uit die greep van ons vyande. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die Israeliete terugkom in hulle kamp, het hulle leiers gevra: “Hoekom het die Here ons vandag laat verloor teen die Filistyne? Ons moet die verbondskis van die Here na ons toe bring. Dan kan dit by ons wees en dan sal dit ons red van ons vyande.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die volk by die kamp terugkom, het die leiers van Israel gesê: “Hoekom het die Here ons vandag só ver teen die Filistyne laat verloor? Kom ons gaan haal die verbondsark van die Here in Silo. As Hy by ons is, sal Hy ons teen ons vyande help.” |