1 Samuel 4:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy het die seuntjie Ichabod genoem en gesê: Die heerlikheid het van Israel gewyk, omdat die ark van God geneem is en ter wille van haar skoonvader en haar man. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | maar die seuntjie Ikabod genoem en gesê: “Die eer is uit Israel weggeneem.” Daarmee het sy verwys na die ark van God wat gebuit is en omdat haar man en skoonpa dood was. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar die seuntjie Ikabod genoem en gesê: Weggevoer is die eer uit Israel -- met die oog op die wegneming van die ark van God en met die oog op haar skoonvader en haar man. |
| Afrikaans 1983 | maar die seuntjie Ikabod genoem en gesê: “Die eer is weggevat uit Israel.” Dit het geslaan op die wegvat van die ark van God en op haar skoonpa en haar man. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy het die seuntjie Ikabod genoem en, met verwysing na die wegvoering van die ark van God, en na haar skoonvader en man, gesê: “Die eer is weggevoer uit Israel.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy het gesê die seun se naam moet Ikabod wees, want die Here is weg uit die land Israel. Sy het dit gesê omdat die Filistyne die kis van God gevat het en omdat haar skoonpa en haar man dood is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net voor sy dood is, het sy die seuntjie Ikabod genoem en gesê: “Israel se eer is weg.” Sy het bedoel die ark van God wat weg was en die dood van haar skoonpa en haar man. |