1 Samuel 4:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En omtrent die tyd van haar dood het die vroue wat by haar gestaan het, vir haar gesê: Moenie vrees nie; want jy het 'n seun gebore. Maar sy het nie geantwoord nie, en sy het dit nie oorweeg nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl sy geboorte gee, het sy gesterf. Voordat sy dood is, het die vroedvroue haar probeer opbeur: “Moenie bang wees nie,” sê hulle. “Jy het ’n seuntjie!” Sy het haar egter nie aan hulle gesteur nie, |
| Afrikaans 1933/1953 | En terwyl sy op sterwe lê, sê die vroue wat by haar staan: Wees nie bevrees nie, want jy het 'n seun gebaar; maar sy het nie geantwoord en dit nie ter harte geneem nie, |
| Afrikaans 1983 | Toe sy wou sterf, het die vroue wat by haar gestaan het, gesê: “Moet jou nie bekommer nie, want jy het 'n seuntjie.” Sy het egter nie geantwoord of op hulle ag geslaan nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sy besig was om te sterf, het die vroue wat haar bystaan, gesê: “Moenie bang wees nie, want jy het 'n seun in die wêreld gebring!” Sy het egter nie daarop geantwoord of dit ter harte geneem nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy het begin sterf, en die vroue by haar het gesê: “Jy moenie bekommerd wees nie, jy het 'n seun gekry.” Sy het nie geantwoord nie, en dit het gelyk of sy hulle nie hoor nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vroue wat haar gehelp het, het gesê: “Moenie moed verloor nie; jy het ’n seuntjie!” Maar sy was besig om dood te gaan; sy het nie geantwoord of met die vroue gepraat nie. |