1 Samuel 4:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Filistyne het hulle teen Israel opgestel, en toe hulle in die geveg aangesluit het, is Israel voor die Filistyne verslaan; en hulle het van die leër in die veld omtrent vier duisend man verslaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het stelling ingeneem teenoor Israel. In die geveg het die Filistyne Israel verslaan en 4 000 soldate doodgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die Filistyne hulle opstel om Israel te ontmoet, en die geveg ontwikkel, is Israel voor die Filistyne verslaan; en hulle het op die vegterrein in die veld omtrent vier duisend man doodgeslaan. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het hulle leër teenoor Israel laat stelling inneem, en toe die geveg ontplooi, is Israel deur die Filistyne verslaan. Hulle het omtrent vier duisend man op die slagveld afgemaai. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Filistyne het hulle gevegslinies teen Israel opgestel, en toe die geveg uitbrei, is Israel voor die Filistyne uit verslaan. Hulle het op die gevegsterrein ongeveer vierduisend man neergevel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Filistyne het begin veg teen die Israeliete, en die Israeliete het verloor. Die Filistyne het omtrent 4 000 Israeliete doodgemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Filistyne het hulle manskappe reggekry vir die geveg teen die Israeliete. Toe die geveg ’n ruk aan die gang was, het die Israeliete begin verloor. Daar is omtrent 4 000 van die Israeliete in die geveg in die oop veld dood. |