1 Samuel 4:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy skoondogter, Pinehas se vrou, was swanger, naby om gebaar te word; en toe sy die tyding hoor dat die ark van God geneem is en dat haar skoonvader en haar man dood was, het sy haarself gebuig en baar; want haar pyne het oor haar gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Eli se skoondogter, die vrou van Pinehas, was swanger en op haar laaste. Toe sy hoor dat die ark van God geneem is en dat haar man en skoonpa dood is, het geboortepyne haar oorval.
Afrikaans 1933/1953 En sy skoondogter, die vrou van P¡nehas, was v,r heen in haar swangerskap. Toe sy dan die tyding hoor dat die ark van God geneem is, en dat haar skoonvader en haar man gesterf het, het sy haar krom gebuig en gebaar, want haar barensweë het haar oorval.
Afrikaans 1983 Sy skoondogter, die vrou van Pinehas, was swanger en sy was op haar laaste. Toe sy die tyding kry dat die ark gevat is en dat haar skoonpa en haar man dood is, het sy vooroor inmekaargetrek en 'n kind in die wêreld gebring, want die geboortepyne het haar oorval.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy skoondogter, die vrou van Pinehas, was swanger en op die punt om geboorte te gee. Toe sy die tyding kry oor die ark van God wat weggevoer is, en haar skoonvader en man wat dood is, het sy ineengekrimp en geboorte gegee, want haar geboortepyne het haar oorweldig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Eli se skoondogter, die vrou van Pinehas, was swanger, en die tyd was naby dat sy haar baba moes kry. Toe sy hoor dat die Filistyne die kis van God gevat het en dat haar skoonpa en haar man dood is, het sy pyn begin kry en krom gebuig, en haar kind is gebore. Sy kon dit nie keer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Eli se skoondogter, Pinehas se vrou, het ’n baba verwag en die tyd van die geboorte was naby. Toe sy hoor dat die Filistyne die ark van God gevat het, en dat haar skoonpa en haar man dood is, het die geboortepyne skielik begin. Sy het haar knieë opgetrek en gekraam.