1 Samuel 4:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy van die ark van God melding maak, val hy agteroor van die stoel af langs die poort, en sy nek het gebreek, en hy het gesterwe, want hy was 'n ou man en swaar. En hy het Israel veertig jaar lank gerig.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die boodskapper sê wat met die ark gebeur het, het Eli daar by die poort agteroor van sy stoel af geval. Hy het sy nek gebreek en gesterf, want hy was baie oud en oorgewig. Hy het Israel 40 jaar lank gelei.
Afrikaans 1933/1953 Net toe hy melding maak van die ark van God, val hy agteroor van die stoel af aan die kant van die poort, sodat hy sy nek gebreek en gesterf het; want die man was oud en swaar. En hy het Israel veertig jaar lank gerig.
Afrikaans 1983 Toe hy praat van die ark van God, het Eli daar by die poort van sy stoel af agteroor geval. Hy het sy nek gebreek en gesterf, want hy was oud en swaar. Hy was veertig jaar 'n leier in Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die oomblik toe hy die ark van God noem, val Eli reg agteroor van sy stoel af langs die stadspoort. Sy nek het gebreek en hy het gesterf, want hy was 'n ou man en hy was swaar. Hy het Israel veertig jaar lank gerig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dadelik toe Eli hoor wat die man sê oor die kis van God, het hy agteroor van sy stoel afgeval daar by die poort. Hy het sy nek gebreek en hy het gesterf. Hy was oud en swaar. Eli was 40 jaar lank die leier van Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hy sê wat met die ark gebeur het, het Eli daar by die dorp se ingang reg agteroor van die stoel afgeval. Hy het sy nek gebreek en is dood, want hy was oud en swaar. Eli het Israel 40 jaar lank gelei.