1 Samuel 4:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die boodskapper het geantwoord en gesê: Israel het voor die Filistyne gevlug, en daar was ook 'n groot slagting onder die volk, en ook jou twee seuns, Hofni en Pinehas, is dood, en die ark van God is geneem.
Afrikaans (NLV) 2011 “Israel is verslaan,” antwoord die boodskapper, “en baie Israeliete het gesneuwel. U twee seuns, Hofni en Pinehas, het ook gesneuwel en die ark van God is buitgemaak.”
Afrikaans 1933/1953 En die boodskapper antwoord en sê: Israel het voor die Filistyne gevlug, en daar was ook 'n groot neerlaag onder die manskappe, en u twee seuns, Hofni en P¡nehas, het ook gesterwe, en die ark van God is geneem.
Afrikaans 1983 Die boodskapper antwoord toe: “Israel het gevlug voor die Filistyne, die volk het swaar verliese gely, selfs u twee seuns Hofni en Pinehas is dood; en die ark van God is ook gevat.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die boodskapper het geantwoord en gesê: “Israel het voor die Filistyne gevlug. Daar was nie net 'n groot slagting onder die manskappe nie, maar ook u twee seuns, Hofni en Pinehas, het gesneuwel, en die ark van God is weggevoer.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê die boodskapper: “Die Israeliete het gevlug vir die Filistyne. Baie manne het gesterf. Jou twee seuns Hofni en Pinehas is ook dood. En die Filistyne het die kis van God gevat.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die Israeliete het vir die Filistyne gevlug,” sê die boodskapper. “Daar is baie van ons mense dood; u twee seuns Hofni en Pinehas ook, en die Filistyne het die ark van God gevat.”