1 Samuel 4:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die man sê vir Eli: Ek is die een wat uit die leër gekom het, en ek het vandag uit die leër gevlug. En hy sê: Wat is daar gedoen, my seun?
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sê vir Eli: “Ek kom so pas van die oorlogsfront af.” “Wat het gebeur?” vra Eli.
Afrikaans 1933/1953 En die man het vir Eli gesê: Dit is ek wat van die slagveld gekom het; ja, ek het vandag van die slagveld gevlug. En hy vra: Wat het daar gebeur, my seun?
Afrikaans 1983 Die man het vir Eli gesê: “Ek kom van die slagveld af. Ja, ek het vandag van die slagveld af gevlug.” En Eli vra: “My seun, wat het gebeur?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die man het vir Eli gesê: “Ek is die een wat van die gevegslinies af gekom het. Ek het pas van die gevegslinies af gevlug.” Eli vra toe: “Wat het dan gebeur, my seun?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man het vir Eli gesê: “Ek kom van die plek waar hulle geveg het, ek het vandag daar weggevlug.” Eli het gevra: “My seun, wat het gebeur?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die man sê toe vir hom: “Ek kom nou net van die oorlog af. Ek het vandag daar weggehardloop.” Daarop vra Eli vir hom: “Wat het gebeur, my kind?”