1 Samuel 4:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy kom, kyk, het Eli op 'n stoel langs die pad gesit en kyk, want sy hart het gebewe vir die ark van God. En toe die man in die stad kom en dit meedeel, het die hele stad geskreeu. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eli het langs die pad gesit en wag op nuus van die veldslag, want hy was bekommerd oor die ark van God. Toe die boodskapper daar aankom en vertel wat gebeur het, het die mense in die dorp hulle ontsteltenis uitgeskreeu. |
| Afrikaans 1933/1953 | Terwyl hy aankom, sit Eli juis en uitkyk op 'n stoel aan die kant van die pad, want hy was besorg oor die ark van God. En die man het gekom om dit in die stad mee te deel, en die hele stad het geskreeu. |
| Afrikaans 1983 | Terwyl hy aankom, het Eli juis langs die pad op sy stoel gesit en wag, want hy was bekommerd oor die ark van God. Die man het gekom en die tyding aan die dorp bekend gemaak. Die hele dorp het begin kerm en kla. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hy daar aankom, sit Eli juis op 'n stoel langs die pad, in afwagting op nuus, want sy hart was aan die bewe oor die ark van God. Toe die man die stad binnegaan om die nuus bekend te maak, het die hele stad om hulp geroep. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hy in Silo kom, het Eli op 'n stoel gesit en hy het gewag dat iemand moet kom, want hy was bekommerd oor die kis van God. Toe die man in die stad kom en vertel wat gebeur het, het al die mense in die stad geskree. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Eli het op ’n stoel langs die pad gesit en wag vir nuus, want hy was baie bekommerd oor die ark van God. Toe die man met die nuus in die dorp aankom, het al die mense so geskrik dat hulle sommer hard geskree het. |