1 Samuel 4:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het 'n man van Benjamin uit die leër gehardloop en dieselfde dag in Silo gekom met geskeurde klere en met grond op sy hoof.
Afrikaans (NLV) 2011 Iemand uit die stam van Benjamin het dié dag van die slagveld af na Silo toe gehardloop. Hy het sy klere geskeur en daar was as op sy kop as teken van rou.
Afrikaans 1933/1953 Toe het 'n Benjaminiet van die slagveld af gehardloop en dieselfde dag in Silo aangekom met geskeurde klere en grond op sy hoof.
Afrikaans 1983 'n Benjaminiet het van die slagveld af gehardloop en dieselfde dag nog in Silo aangekom. Sy klere was geskeur, en daar was grond op sy kop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Man van Benjamin het van die gevegslinies af gehardloop en dieselfde dag nog in Silo aangekom met geskeurde klere en grond op sy kop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Man van die Benjamin-stam het gehardloop van die plek waar hulle geveg het en hy het dieselfde dag in Silo aangekom. Hy het sy klere geskeur en hy het grond op sy kop gegooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Man van die Benjaminstam het van die geveg af weggehardloop en dieselfde dag nog in Silo aangekom. Sy klere was geskeur en daar was grond op sy kop.