1 Samuel 4:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Filistyne het geveg, en Israel is verslaan, en hulle het gevlug, elkeen in sy tent; en daar was 'n baie groot slagting; want daar het van Israel dertigduisend voetgangers geval.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Filistyne het toe desperaat geveg en Israel weereens verslaan. Dit was ’n groot slagting: 30 000 Israeliete het daardie dag gesterf. Dié wat dit oorleef het, het na hulle tente toe gevlug.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die Filistyne geveg, en Israel is verslaan, sodat hulle gevlug het, elkeen na sy tente toe. En die slagting was baie groot: van Israel het daar dertig duisend voetgangers geval.
Afrikaans 1983 Hierna het die Filistyne gaan veg, en die Israeliete is weer verslaan. Hulle het gevlug, elkeen na sy woonplek toe. Daar was 'n baie groot slagting, dertig duisend voetsoldate van Israel het geval.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Filistyne het gaan veg en Israel is verslaan. Hulle het gevlug, elkeen na sy tente toe. Dit was 'n baie groot slagting: Dertigduisend voetsoldate van Israel het geval.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Filistyne het geveg, en hulle het die Israeliete weer oorwin. Die Israeliete het huis toe gevlug. Baie Israeliete het gesterf, 30 000 is dood.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Filistyne het aangeval en die Israeliete het die geveg verloor. Al die Israeliete het weggehardloop huis toe. Dit was ’n groot slagting: 30 000 voetsoldate van Israel is dood.