1 Samuel 4:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die woord van Samuel het tot die hele Israel gekom. En Israel het teen die Filistyne uitgetrek om te veg en laer opgeslaan by Ebenéser; en die Filistyne het laer opgeslaan in Afek.
Afrikaans (NLV) 2011 Israel het opgetrek om teen die Filistyne oorlog te maak. Hulle het by Eben-Haeser kamp opgeslaan en die Filistyne by Afek.
Afrikaans 1933/1953 En die woord van Samuel het tot die hele Israel gekom. En Israel het uitgetrek vir die geveg, die Filistyne tegemoet, en hulle het laer opgeslaan by Ebenha,ser; maar die Filistyne het laer opgeslaan by Afek.
Afrikaans 1983 Samuel se woorde was aan die hele Israel gerig. Op 'n keer het Israel teen die Filistyne gaan oorlog maak. Die Israeliete het by Eben-Haeser kamp opgeslaan, en die Filistyne by Afek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En Samuel se boodskap was tot die hele Israel gerig. Israel het die Filistyne tegemoetgetrek vir die oorlog, en hulle het kamp opgeslaan by Eben-Haeser. Die Filistyne weer het kamp opgeslaan by Afek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het gaan oorlog maak teen die Filistyne. Hulle het hulle tente opgeslaan by die stad Eben-Haeser, en die Filistyne het hulle tente opgeslaan by die stad Afek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Samuel was ’n profeet vir die hele Israel. Die Israeliete het uitgetrek om teen die Filistyne te gaan veg. Hulle kamp was by Eben-Haeser en die Filistyne s’n by Afek.