1 Samuel 31:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het sy kop afgekap en sy wapenrusting uitgetrek en na die land van die Filistyne rondom gestuur om dit bekend te maak in die huis van hulle afgode en onder die volk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het Saul se kop afgekap en sy wapenrusting afgestroop. Hulle het dit deur die hele land van die Filistyne rondgestuur om die goeie nuus te versprei en om dit in die tempel van hulle afgode en onder die mense bekend te maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het sy hoof afgekap en sy wapenrusting uitgetrek en dit in die land van die Filistyne rondgestuur om die blye boodskap te bring in die tempels van hulle afgode en aan die volk. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het sy kop afgesny en sy wapens afgeruk en dié in die land van die Filistyne rondgestuur om die goeie nuus in hulle tempels en aan hulle mense bekend te maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het sy kop afgekap en hom van sy wapens gestroop. Hulle het boodskappers in die land van die Filistyne rondgestuur om in die tempels van hulle afgode en aan die volk die goeie nuus te bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het Saul se kop afgekap en hulle het sy wapens gevat. Hulle het dit in Filistyne-land rondgestuur om die goeie nuus te bring in die tempels van hulle afgode en vir hulle mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het sy kop afgekap en sy oorlogsklere en wapens gevat. Hulle het mense deur hulle hele land rondgestuur om in hulle afgodstempels en vir al die mense die goeie nuus te vertel. |