1 Samuel 31:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die volgende dag, toe die Filistyne kom om die gesneuweldes te stroop, het hulle Saul en sy drie seuns op die berg Gilboa geval gevind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volgende dag, toe die Filistyne gaan om die lyke te plunder, kry hulle die lyke van Saul en sy drie seuns daar op Gilboaberg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die Filistyne die volgende dag kom om die gesneuweldes te plunder, kry hulle Saul en sy drie seuns nog daar lê op die gebergte Gilboa. |
| Afrikaans 1983 | Toe die Filistyne die dag na die geveg die lyke kom stroop, kry hulle Saul en sy drie seuns daar waar hulle op Gilboaberg geval het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die volgende dag, toe die Filistyne kom om die gesneuweldes te plunder, kry hulle Saul en sy drie seuns waar hulle op die berg van Gilboa lê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Filistyne het die volgende dag gekom om die goed en die klere van die dooie mense te vat, en hulle het vir Saul en sy drie seuns op Gilboa-berg gekry, Saul en sy seuns was dood. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dag na die geveg het die Filistyne die klere en wapens wat aan die lyke was, gaan afhaal. Hulle kry toe vir Saul en sy drie seuns waar hulle dood lê op Gilboaberg. |