1 Samuel 31:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die manne van Israel wat oorkant die dal was, en die wat oorkant die Jordaan was, sien dat die manne van Israel vlug en dat Saul en sy seuns dood was, het hulle die stede verlaat en gevlug; en die Filistyne het gekom en in hulle gaan woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die Israeliete aan die oorkant van die Jisreëllaagte en oorkant die Jordaan sien dat die leër verslaan is en Saul en sy seuns dood is, het hulle die dorpe verlaat en gevlug. Daarna het die Filistyne hierdie dorpe beset en daar gaan woon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sien die manne van Israel wat oorkant die vlakte en wat oorkant die Jordaan was, dat die manne van Israel gevlug het en dat Saul en sy seuns dood was, en hulle het die stede verlaat en gevlug; en die Filistyne het gekom en daarin gaan woon. |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete wat oorkant die laagte en oorkant die Jordaan gewoon het, het gesien dat die manskappe gevlug het en dat Saul en sy seuns dood is. Hulle het toe die stede verlaat en ook gevlug, en die Filistyne het die stede beset en daar gaan woon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die manne van Israel wat oorkant die vallei was, en dié wat oorkant die Jordaan was, sien dat die manne van Israel gevlug het, en dat Saul en sy seuns dood is, het hulle die dorpe verlaat en gevlug. Die Filistyne het toe gekom en daar gaan woon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe die mense van Israel wat oorkant die vallei en oorkant die Jordaan-rivier was, hoor dat die manne van Israel gevlug het en dat Saul dood is, het hulle gevlug uit hulle stede. Die Filistyne het toe gekom en hulle het in daardie stede gaan woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete wat in die Jisreëlvlakte en in die Jordaanvallei gebly het, het gesien die manskappe van Israel vlug en hulle het agtergekom dat Saul en sy seuns dood is. Daarom het hulle uit hulle dorpe gevlug. Die Filistyne het later daar gaan woon. |