1 Samuel 31:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So het Saul en sy drie seuns en sy wapendraer en al sy manne op dieselfde dag saam gesterf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So is Saul en sy drie seuns, sy wapendraer en die manskappe by hom almal saam op een dag dood. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het dan Saul en sy drie seuns en sy wapendraer, ook al sy manne op dieselfde dag almal saam gesterwe. |
| Afrikaans 1983 | So is Saul en sy drie seuns en sy wapendraer en al die manskappe by hom op daardie dag saam dood. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So het Saul, sy drie seuns en sy wapendraer, asook al sy manne, op daardie dag saam gesterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | So het Saul en sy drie seuns en sy wapendraer en al die manne van Israel daardie dag saam gesterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So is Saul, sy drie seuns, sy wapendraer en al sy manskappe op dieselfde dag saam dood. |