1 Samuel 31:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die geveg het hewig geword teen Saul, en die boogskutters het hom getref; en hy is baie gewond deur die boogskutters. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die aanslag op Saul het al strawwer geword. Die boogskutters het hom ingehaal en hom ernstig gewond. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die geveg dan swaar word teen Saul, en die manne, die boogskutters, hom aantref, het hy gebewe van angs vir die skutters. |
| Afrikaans 1983 | en toe die aanval op Saul toegespits. Die boogskutters het hom in die oog gekry, en hy het baie bang vir hulle geword, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die geveg het verhewig teen Saul, en toe die skutters, die manne met die boog, op hom afkom, het hy onbedaarlik gebewe vir die boogskutters. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het die Filistyne vir Saul aangeval, die Filistyne wat met pyl en boog skiet, en Saul het baie bang geword vir hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe keer hulle Saul vas. Die manne wat met pyl en boog skiet, het hom onder skoot gekry en hom ernstig gewond. |