1 Samuel 31:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het hul gebeente geneem en dit onder 'n boom by Jabes begrawe en sewe dae lank gevas. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die bene het hulle onder die tamariskboom in Jabes begrawe. Daarna het hulle sewe dae lank gevas. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het hul gebeente geneem en onder die tamarisk in Jabes begrawe en sewe dae lank gevas. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het toe die bene gevat en onder die tamarisk in Jabes begrawe en daarna het hulle sewe dae lank gevas. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het hulle hulle beendere geneem en dit onder die tamarisk by Jabes begrawe. Hulle het sewe dae lank gevas. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die bene wat oor was, geneem en hulle het dit begrawe onder die tamariskboom in Jabes. Daarna het hulle sewe dae lank gevas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat van die lyke oorgebly het, het hulle onder die tamariskboom by Jabes begrawe. Daarna het hulle ’n week lank getreur en nie geëet nie. |