1 Samuel 31:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Filistyne het teen Israel geveg, en die manne van Israel het voor die Filistyne gevlug en gesneuweldes op die berg Gilboa geval.
Afrikaans (NLV) 2011 Intussen het die Filistyne Israel aangeval. Die Israeliete het op die vlug geslaan. Baie van hulle het teen die hange van Gilboaberg gesneuwel.
Afrikaans 1933/1953 Terwyl die Filistyne teen Israel veg, het die manne van Israel vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilboa gelê.
Afrikaans 1983 Die Filistyne het vir Israel aangeval. Die Israeliete het vir hulle gevlug, en van die manskappe het op Gilboaberg gesneuwel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Intussen het die Filistyne teen Israel geveg en die manne van Israel het voor die Filistyne uit gevlug; die gesneuweldes het op die berg van Gilboa gelê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Filistyne het oorlog gemaak teen die Israeliete. Die manne van Israel het gevlug vir die Filistyne, en die Filistyne het baie Israeliete doodgemaak op Gilboa-berg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Filistyne het die Israeliete aangeval. Die manskappe van Israel het vir die Filistyne begin vlug en baie is op Gilboaberg dood.