1 Samuel 30:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dawid het toe gegaan, hy en die seshonderd man wat by hom was, en by die spruit Besor gekom, waar die wat agtergebly het, gebly het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid en sy 600 man het hulle toe agternagesit tot by die Besorspruit. Sommige het daar agtergebly. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het Dawid weggetrek, hy met die ses honderd man wat by hom was; en toe hulle by die spruit Besor kom, het die origes agtergebly. |
| Afrikaans 1983 | Dawid en sy ses honderd man het gegaan en by Besorspruit gekom, waar party agtergebly het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het toe vertrek, hy en die seshonderd man by hom; en toe hulle by die dal van Besor kom, het die wat agter geraak het, daar agtergebly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid en 600 manne het gegaan en hulle het by die Besor-rivier gekom. Party van die manne het daar gebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid en sy 600 man is toe agter die rowers aan. Toe hulle by die Besorspruit kom, het party manne halt geroep. |