1 Samuel 30:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek hierdie bende agtervolg? sal ek hulle inhaal? En hy antwoord hom: Jaag agtervolg, want jy sal hulle sekerlik inhaal en sonder versuim alles terugkry.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe vra Dawid vir die Here: “Moet ek hulle agternasit? Sal ek hulle inhaal?” En die Here het geantwoord: “Ja, agtervolg hulle. Jy sal hulle sekerlik inhaal en almal red.”
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek hierdie bende agternajaag? Sal ek dit inhaal? En Hy sê vir hom: Agtervolg, want jy sal sekerlik inhaal en sekerlik uitred.
Afrikaans 1983 Dawid het die Here geraadpleeg: “Moet ek hierdie bende agtervolg? Sal ek hulle inhaal?” Die Here het hom geantwoord: “Ja, want jy sál hulle inhaal en jou mense red.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en Dawid het die Here geraadpleeg: “Moet ek hierdie rowerbende agtervolg? Sal ek hulle inhaal?” Die Here het vir hom gesê: “Jy moet, want jy sal hulle beslis inhaal en jy sal beslis jou mense red.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en Dawid het vir die Here gevra: “Hierdie mense het ons vroue en kinders en ons goed weggevat, moet ek hulle volg en jaag? Sal ek hulle kan vang?” Die Here het vir hom gesê: “Jy moet hulle volg en jaag, want jy sal hulle kan vang en jy sal jou mense red. Dit is seker.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en toe vra hy vir die Here: “Moet ek agter hierdie klomp rowers aangaan en sal ek hulle kan inhaal?” Die antwoord was: “Ja, sit hulle agterna. Jy sal hulle vir seker inhaal en jou mense red.”