1 Samuel 30:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dawid sê toe vir Abjatar, die priester, die seun van Ahimeleg, bring tog vir my die skouerkleed hierheen. En Abjatar het die skouerkleed vir Dawid daarheen gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sê toe vir Abjatar die priester: “Bring vir my die skouerkleed!” Abjatar het dit gedoen.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid sê vir Abjatar, die priester, die seun van Ahim,leg: Bring tog die skouerkleed vir my hier. Daarop het Abjatar die skouerkleed na Dawid gebring.
Afrikaans 1983 Dawid het vir die priester Abjatar seun van Agimelek gesê: “Bring tog vir my die skouerkleed nader.” Abjatar het die skouerkleed vir Dawid nader gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid sê toe vir Abjatar, die priester, seun van Agimeleg: “Bring asseblief vir my die efod nader.” Abjatar het die efod na Dawid gebring,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het vir die priester Abjatar seun van Agimelek gesê: “Bring die skouer-kleed na my toe.” Abjatar het die skouer-kleed vir Dawid gebring
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het vir priester Abjatar, Agimelek se seun, gesê: “Bring vir my die priestersak.” Abjatar het die priestersak vir Dawid gebring,