1 Samuel 30:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid was baie benoud; want die volk het gepraat om hom te stenig, omdat die siel van die hele volk bedroef was, elkeen oor sy seuns en oor sy dogters; maar Dawid het hom bemoedig in die HERE sy God.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid was nou in groot moeilikheid, want sy manne was verbitterd omdat hulle hulle vroue en kinders verloor het. Hulle het begin sê dat hulle Dawid met klippe moet doodgooi. Maar die Here sy God het aan Dawid krag gegee.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar Dawid het homself versterk in die HERE sy God.
Afrikaans 1983 Dawid was in die nood, want die manne het daaraan gedink om hom met klippe dood te gooi. Almal was verbitterd, elkeen oor sy seuns en dogters, en toe het Dawid hulp gevra by die Here sy God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid was erg in die noute, want die manskappe het gedreig om hom te stenig. Al die manskappe was immers bitter ontsteld, elkeen oor sy seuns en dogters. Maar Dawid het krag gevind by die Here sy God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was gevaarlik vir Dawid, want die manne het gesê hulle wil hom doodgooi met klippe. Die manne was baie hartseer oor hulle kinders. Maar Dawid het sterk gebly, want sy God die Here was by hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid was lelik in die nood: die manne was só verbitter oor hulle kinders dat hulle gedreig het om hom met klippe dood te gooi. Maar hy het krag gekry by die Here sy God.