1 Samuel 30:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Dawid in Siklag aankom, het hy van die buit na die oudstes van Juda, aan sy vriende, gestuur en gesê: Kyk, daar is 'n geskenk vir julle van die buit van die vyande van die HERE; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle by Siklag aankom, stuur Dawid ’n deel van die buit na sy vriende, die leiers van Juda, en sê: “Hier is ’n geskenk vir julle uit dit wat ons by die vyande van die Here buitgemaak het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Dawid dan in Siklag aankom, het hy van die buit aan die oudstes van Juda, sy stamgenote, gestuur en gesê: Hier is 'n geskenk vir julle uit die buit van die vyande van die HERE: |
| Afrikaans 1983 | Toe Dawid in Siklag aangekom het, het hy van die buit na sy vriende, die leiers van Juda, toe gestuur met die boodskap: “Dit is vir julle 'n geskenk uit die buit van die vyande van die Here.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Dawid by Siklag aankom, het hy, as 'n vriend, van die buit vir die oudstes van Juda gestuur met die woorde: “Hier is 'n buitengewone geskenk vir julle uit wat gebuit is van die Here se vyande.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Dawid terugkom in Siklag, het hy van die goed gestuur vir sy vriende, die leiers van Juda, en hy het vir hulle gesê: “Hier is vir julle 'n present, dit is party van die goed wat ons gevat het van die vyande van die Here.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Dawid in Siklag aankom, het hy van die goed wat hulle by die Amalekiete gevat het, vir die leiers van Juda gestuur wat sy vriende was. Hy het vir hulle laat weet: “Hier is vir julle ’n geskenk uit die goed wat by die Here se vyande afgeneem is.” |