1 Samuel 30:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit was so van daardie dag af en verder dat hy dit 'n insetting en 'n verordening vir Israel gemaak het tot vandag toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van toe af het dit ’n voorskrif vir Israel geword, tot vandag toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | So is dit dan van die dag af en verder gewees; ja, hy het dit as 'n insetting en 'n verordening vir Israel vasgestel tot vandag toe. |
| Afrikaans 1983 | So het dit van toe af gebeur. Hy het dit as voorskrif en bepaling vir Israel vasgestel tot nou toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van daardie dag af en verder was dit toe so. Hy het dit as 'n vaste reël en gebruik vir Israel neergelê; dit is vandag nog so. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het daardie dag gesê die Israeliete moet dit altyd doen, en hulle doen dit nou nog. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het dit ’n vaste reël gemaak vir die Israeliete, en van toe af tot nou toe maak hulle so. |