1 Samuel 30:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Dawid: Julle mag nie so doen nie, my broers, met wat die HERE ons gegee het, wat ons bewaar het en die menigte wat teen ons gekom het, in ons hand gegee het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Dawid sê: “Nee, my broers! Moenie selfsugtig wees oor dit wat die Here vir ons gegee het nie. Hy het ons bewaar en die stroperbende in ons mag oorgegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Dawid het gesê: Julle mag nie so maak nie, my broers, met wat die HERE ons gegee het, en Hy het ons bewaar en die bende wat ons oorval het, in ons hand gegee. |
| Afrikaans 1983 | Maar Dawid het gesê: “My broers, julle mag nie so maak nie. Wat het die Here nie alles vir ons gegee nie? Hy het ons bewaar en die bende wat teen ons gekom het, in ons mag oorgegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Dawid het gesê: “My broers, julle mag nie so maak met wat die Here vir ons gegee het nie. Hy het ons beskerm en die rowerbende wat teen ons te staan gekom het, in ons hand gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Dawid het gesê: “Vriende, julle moenie so doen met die goed wat die Here vir ons gegee het nie. Hy het ons beskerm en Hy het ons laat wen teen die Amalekiete wat na ons toe gekom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “A nee a, vriende!” sê Dawid. “Só kan ons darem nie maak met wat die Here vir ons gegee het nie! Hý het ons beskerm en daardie spul rowers wat ons aangeval het, in ons mag gegee. |