1 Samuel 30:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe antwoord al die goddelose manne en manne van Belial, van die wat saam met Dawid gegaan het, en sê: Omdat hulle nie saam met ons gegaan het nie, sal ons hulle nie gee van die buit wat ons teruggekry het nie, behalwe aan elkeen sy vrou en sy vrou se kinders, dat hulle hulle kan weglei en weggaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar al die moeilikheidmakers en twissoekers onder dié wat saam met Dawid was, het gesê: “Hulle het nie met ons saamgegaan nie. Daarom mag hulle niks van die buit kry nie. Gee net hulle vroue en kinders terug en laat hulle gaan.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop het al die slegte mense en die deugniete uit die manne wat met Dawid saamgegaan het, begin sê: Omdat hulle nie met ons saamgegaan het nie, sal ons hulle nie van die buit wat ons afgeneem het, gee nie; maar hulle kan elkeen sy vrou en sy kinders saamneem en weggaan.
Afrikaans 1983 Al die slegte en nikswerd manne uit die groep wat saam met Dawid gegaan het, het opgemerk: “Omdat hulle nie saam gegaan het nie, gee ons nie vir hulle van die buit wat deur ons gered is nie. Elkeen kan net sy vrou en kinders vat en loop.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar al die slegtes en deugniete onder die manne wat saam met Dawid gegaan het, het gereageer en gesê: “Omdat hulle nie saam met ons gegaan het nie, sal ons nie vir hulle van die buit gee wat ons teruggevat het nie; behalwe elkeen se vrou en kinders – dié mag hulle weglei, en dan moet hulle gaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Paar van die manne wat saam met Dawid gegaan het, was slegte en wrede mense. Hulle het gesê: “Hierdie manne het nie saam met ons gegaan nie. Ons sal nie vir hulle van die goed gee wat ons gevat het nie. Elke man kan net sy vrou en kinders neem en dan moet hy gaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Onder die manne wat saam met Dawid gegaan het, was daar ’n paar moeilikheidmakers, sommer slegte mense. Hulle sê toe: “Oor hierdie mense nie saam met ons was nie, kry hulle niks van die goed wat ons teruggebring het nie. Elkeen kan net sy vrou en kinders vat, en dan moet hy maak dat hy wegkom!”