1 Samuel 30:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid het by die tweehonderd man gekom wat so moeg was dat hulle nie vir Dawid kon volg nie, wat hulle ook by die spruit Besor laat bly het; en hulle het uitgegaan om Dawid te ontmoet en die manskappe te ontmoet wat by hom was en toe Dawid nader kom na die volk, het hy hulle gegroet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle by die Besorspruit kom, het die 200 manskappe wat te moeg was om saam te trek, Dawid en sy mense ingewag. Dawid het toe gevra hoe dit met hulle gaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Dawid by die twee honderd man kom wat te moeg was om agter Dawid aan te gaan en wat hulle by die spruit Besor laat bly het, trek hulle uit, Dawid en die manskappe wat by hom was, tegemoet; en Dawid het met die manskappe nader gekom en hulle na die welstand gevra. |
| Afrikaans 1983 | Toe Dawid aankom na die twee honderd man toe wat te moeg was om agter hom aan te gaan en wat hy by Besorspruit laat bly het, het hulle vir Dawid en sy manne tegemoet gegaan. Dawid het nader gekom na die manne toe en gevra hoe dit met hulle gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Dawid by die tweehonderd manne aankom wat te moeg was om Dawid te volg en vir wie hulle in die dal van Besor agtergelaat het, het hulle Dawid en die manskappe wat by hom was, tegemoetgegaan. Toe Dawid by die manskappe kom, het hy gevra hoe dit met hulle gaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het by die 200 manne gekom wat te moeg was om saam te gaan en wat hy by die Besor-rivier laat bly het. Die 200 manne het vir Dawid en die manne by hom kom ontmoet, en toe Dawid by hulle kom, het hy gevra hoe dit met hulle gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die 200 man wat by die Besorspruit agtergebly het omdat hulle te gedaan was om saam met Dawid te gaan, het vir hom en die ander mense op die pad gewag. Toe Dawid by hulle kom, het hy vir hulle gevra hoe dit gaan. |