1 Samuel 30:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid het al die kleinvee en die beeste geneem wat hulle voor die ander beeste uitgejaag het, en gesê: Dit is Dawid se buit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het beslag gelê op al die kleinvee en beeste. Sy manskappe het dit voor hulle uit aangejaag en gesê: “Dit is Dawid se beloning!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het al die kleinvee en beeste afgeneem. Hulle het hul voor die ander vee gedrywe en gesê: Dit is Dawid se buit. |
| Afrikaans 1983 | Hy het ook al die skape en beeste teruggevat. Sy mense het die goed voor hom uitgedrywe en hulle het gesê: “Dis Dawid se buit.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het ook op al hulle kleinvee en beeste beslag gelê. Die manne het dit voor die ander vee aangejaag en gesê: “Dit is Dawid se buit.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die skape en bokke en beeste gevat en hy het hulle voor die ander diere verder gejaag. Die mense het gesê: “Dit is die goed wat Dawid gevat het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het al die skape en beeste wat by die Amalekiete was, laat aankeer. Die mense het hierdie diere in ’n trop aangejaag voor die ander diere wat by hulle was. Hulle het gesê: “Hierdie is Dawid se goed.” |