1 Samuel 30:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het die vroue wat daarin was, as gevangenes weggevoer;
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het die vroue en almal in die stad, klein en groot, as gevangenes weggevoer sonder om iemand dood te maak.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het die vroue en almal wat daarin was, gevange weggevoer, van die kleinste af tot die grootste toe; hulle het niemand gedood nie, maar hulle weggevoer en verder gegaan.
Afrikaans 1983 Hulle het die vrouens en almal daarin, groot en klein, as krygsgevangenes weggevoer. Hulle het niemand doodgemaak nie, maar almal gedwing om saam met hulle te gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het die vroue wat daarin was, weggevoer, van die kleinste tot die grootste. Hulle het niemand doodgemaak nie, maar hulle voor hulle uit aangejaag en padgegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het al die vroue wat in die stad was, gevang en weggevat. Hulle het niemand doodgemaak nie, hulle het die vroue voor hulle laat loop en hulle het verder gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Amalekiete het niemand doodgemaak nie, maar hulle het al die vroue en kinders gevang en met hulle saamgevat.