1 Samuel 30:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En niks het aan hulle ontbreek nie, nie klein of groot nie, geen seuns of dogters, geen buit of enigiets wat hulle vir hulle geneem het nie; Dawid het alles teruggekry. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het niks verloor nie; klein en groot, seun of dogter, en alles wat die Amalekiete geroof het, het Dawid teruggekry. |
| Afrikaans 1933/1953 | Niks van hulle is vermis nie -- klein of groot, seuns of dogters, of iets van die buit, niks van alles wat hulle vir hul saamgeneem het nie; Dawid het alles teruggebring. |
| Afrikaans 1983 | Daar is niemand, groot of klein, seun of dogter, vermis nie, en ook niks van alles wat deur die Amalekiete gebuit is nie. Dawid het alles teruggebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Niks van wat aan hulle behoort, is vermis nie, klein of groot, seun of dogter, of enigiets van die buit nie – alles wat die bende vir hulle gevat het, dit alles het Dawid teruggebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Niks was weg nie, Dawid het alles teruggebring, kinders en grootmense, seuns en dogters, en al die goed wat die Amalekiete gevat het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nie een enkele mens is vermis nie; al die kinders en al die goed, ja, elke dingetjie wat die Amalekiete gevat het, het Dawid teruggekry. |