1 Samuel 30:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid het hulle verslaan van die skemer tot die aand van die volgende dag, en niemand van hulle het ontsnap nie, behalwe vier honderd jongmanne wat op kamele gery en gevlug het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid en sy manskappe het op hulle afgestorm en hulle vanaf skemeraand deur die nag tot die volgende oggend afgemaai. Behalwe 400 jong Amalekiete wat op hulle kamele gevlug het, het niemand ontkom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het hulle verslaan van die aandskemering af tot die aand van die volgende dag, sodat niemand van hulle vrygeraak het nie, behalwe vier honderd jongmanne wat op kamele gespring en gevlug het. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het van die laat middag af tot die aand toe en dwarsdeur tot in die vroeë oggend teen hulle geveg en hulle verslaan. Nie een het ontsnap nie, behalwe vier honderd jong manne wat op kamele gery en gevlug het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het hulle aangeval, van ligdag af tot die aand van die volgende dag. Niemand van hulle het ontkom nie, behalwe vierhonderd jong manne wat op kamele geklim en gevlug het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het hulle aangeval van vroeg die oggend tot die aand van die volgende dag. Net 400 jongmanne het nie gesterf nie. Hulle het op kamele geklim en gevlug. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het die volgende môre toe dit lig word, teen hulle begin veg en tot die aand aangehou. Behalwe 400 jong manne wat op kamele gespring en weggejaag het, het daar nie een van hulle weggekom nie. |