1 Samuel 30:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy hom afgebring het, kyk, hulle was versprei oor die hele aarde, en het geëet en gedrink en gedans vanweë al die groot buit wat hulle uit die land van die Filistyne en uit die land van Juda. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Egiptenaar het hulle toe na die kamp van die Amalekiete gelei. En kyk, toe hulle die bende inhaal, kry hulle die Amalekiete verspreid oor die veld! Hulle het geëet en gedrink en feesgevier met die groot buit wat hulle van die Filistyne en in Juda geroof het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hy hom afgebring het, lê hulle daar verstrooid oor die oppervlakte van die hele land, besig om te eet en te drink en fees te vier met die ganse groot buit wat hulle uit die land van die Filistyne en uit die land Juda saamgeneem het. |
| Afrikaans 1983 | Hy het hulle gelei, en toe hulle weer sien, lê die bende oor die hele gebied versprei, en hulle eet en drink en vier fees met die hele groot buit wat hulle uit die gebied van die Filistyne en van Juda gebring het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het hom af geneem, en daar is hulle toe, versprei oor die hele gebied, besig om te eet en te drink en fees te vier met die hele groot buit wat hulle uit die gebied van die Filistyne en die gebied van Juda geneem het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man het hulle na die Amalekiete toe geneem. Die Amalekiete was oral besig om fees te vier en te eet en te drink van die baie goed wat hulle gevat het in Filistyne-land en in die land Juda. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het vir Dawid gaan wys waar hulle is. Die klomp is toe sowaar besig om fees te vier met die goed wat hulle in die plekke van die Filistyne en die Judeërs gevat het: hulle lê toe sommer die wêreld vol en eet en drink. |