1 Samuel 30:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Dawid vir hom: Kan jy my na hierdie skare afbring? En hy sê: Sweer vir my by God, dat jy my nie sal doodmaak en my nie in die hand van my heer sal oorgee nie, en ek sal jou na hierdie skare afbring.
Afrikaans (NLV) 2011 “Sal jy my na hierdie bende stropers toe lei?” vra Dawid. Die slaaf antwoord: “As u met ’n eed voor God belowe dat u my nie sal doodmaak of aan my meester sal teruggee nie, sal ek u na hulle toe lei.”
Afrikaans 1933/1953 En Dawid vra hom: Sal jy my afbring na hierdie bende? En hy sê: Sweer vir my by God dat u my nie sal doodmaak en my nie sal uitlewer in die hand van my heer nie; dan sal ek u afbring na hierdie bende.
Afrikaans 1983 Dawid vra toe vir hom: “Sal jy ons na hierdie bende toe lei?” Maar hy sê: “Lê tog vir my 'n eed af in die Naam van God dat u my nie sal doodmaak of sal uitlewer in die hand van my eienaar nie, en ek sal u na hierdie bende toe lei.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe vra Dawid hom: “Sal jy my af neem na hierdie rowerbende?” Hy het geantwoord: “Sweer eers vir my by God dat u my nie sal doodmaak nie, en dat u my nie sal oorlewer in die hand van my heer nie, dan sal ek u af neem na hierdie rowerbende.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid vra toe vir die man: “Sal jy my na hierdie Amalekiete toe neem?” Die man het gesê: “Jy moet eers voor die Here belowe dat jy my nie sal doodmaak of dat jy my vir my eienaar sal teruggee nie, dan sal ek jou na hierdie Amalekiete toe neem.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Kan jy my wys waar hierdie spul rowers is?” vra Dawid hom. Hy sê toe: “As u vir my by God sweer dat u my nie sal doodmaak of my vir my baas sal teruggee nie, sal ek u na hulle toe vat.”