1 Samuel 30:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Dawid vir hom: Aan wie behoort jy? en waar is jy vandaan? En hy sê: Ek is 'n Egiptenaar, 'n dienskneg van 'n Amalekiet; en my heer het my verlaat, omdat ek drie dae gelede siek geword het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wie is jy en waar kom jy vandaan?” vra Dawid hom. “Ek is ’n Egiptenaar,” antwoord hy, “die slaaf van ’n Amalekiet. My meester het my drie dae gelede agtergelaat omdat ek siek geword het.
Afrikaans 1933/1953 En Dawid vra hom: Aan wie behoort jy? En waar kom jy vandaan? En hy sê: Ek is 'n Egiptiese seun, die slaaf van 'n Amalekitiese man, en my heer het my laat agterbly, omdat ek drie dae gelede siek geword het.
Afrikaans 1983 Dawid het hom gevra: “By wie is jy en waar kom jy vandaan?” En hy antwoord: “Ek is 'n Egiptenaar, 'n slaaf van 'n Amalekiet, en my eienaar het my drie dae gelede agtergelaat, want ek het te swak geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid vra hom toe: “By wie hoort jy, en waar kom jy vandaan?” Hy het geantwoord: “Ek is 'n jong man van Egipte, die slaaf van 'n Amalekiet. My heer het my agtergelaat, omdat ek drie dae gelede siek geword het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het vir hom gevra: “Aan wie behoort jy? En van waar kom jy?” Hy het gesê: “Ek is 'n Egiptenaar, ek is die slaaf van 'n Amalekiet. My eienaar het my langs die pad gelos, want ek was siek. Dit was drie dae gelede.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid vra toe vir hom: “Van wie se mense is jy en waar kom jy vandaan?” Die jong man antwoord hom: “Ek is ’n Egiptenaar. Ek is ’n slaaf van een van die Amalekiete. Omdat ek siek geword het, het my baas my drie dae gelede hier gelos.