1 Samuel 30:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het vir hom 'n stuk van 'n vyekoek en twee trosse rosyne gegee; en toe hy geëet het, het sy gees na hom teruggekom, want hy het drie dae en drie nagte geen brood geëet en geen water gedrink nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het vir hom ook ’n stuk vyekoek en twee trosse rosyntjies gegee, want hy het vir drie dae niks te eet of te drink gehad nie. Kort voor lank het hy sy kragte herwin.
Afrikaans 1933/1953 Daarby gee hulle hom 'n stuk vyekoek en twee rosynekoeke. En toe hy geëet het, het hy weer bygekom; want hy het drie dae en drie nagte geen brood geëet of water gedrink nie.
Afrikaans 1983 Toe gee hulle hom 'n stukkie gedroogde vye en twee trossies rosyntjies en nadat hy dit geëet het, het hy weer reggekom, want hy het drie dae en nagte nie kos geëet of water gedrink nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe gee hulle vir hom 'n skyf saamgeperste droë vye en twee blokke saamgeperste rosyne. Hy het dit geëet en sy lewenskrag het teruggekeer, want hy het drie dae en drie nagte lank nie brood geëet of water gedrink nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en droë vye en twee koeke rosyne. Hy het geëet en hy het toe beter gevoel, want hy het drie dae lank niks geëet of gedrink nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) gee hulle hom ook nog ’n hand vol gedroogde vye en twee rosyntjiekoeke. Nadat hy dít geëet het, het hy begin regkom, want hy het vir drie dae en nagte nie nat of droog oor sy lippe gehad nie.