1 Samuel 30:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Dawid het agtervolg, hy en vier honderd man, want twee honderd het agtergebly, wat so moeg was dat hulle nie oor die spruit Besor kon gaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 200 van sy manne wat te moeg was om deur die spruit te trek, het agtergebly. Met die oorblywende 400 man het Dawid die agtervolging voortgesit.
Afrikaans 1933/1953 Dawid het naamlik agtervolg, hy met vier honderd man, terwyl twee honderd man agtergebly het wat te moeg was om die spruit Besor deur te trek.
Afrikaans 1983 Dawid self en vier honderd man het die agtervolging voortgesit, en twee honderd man wat te moeg was om Besorspruit deur te gaan, het agtergebly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Dawid het die agtervolging voortgesit, hy en vierhonderd man, terwyl tweehonderd man wat te uitgeput was om die dal van Besor oor te steek, agtergebly het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid en 400 manne het die Amalekiete gevolg, en 200 manne was te moeg om oor die rivier te gaan, hulle het daar gebly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Twee honderd van die manne was eenvoudig te swak om deur die loop te gaan. Dawid is toe met 400 man verder.