1 Samuel 30:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Dawid en sy manne op die derde dag in Siklag aankom, het die Amalekiete die suide en Siklag binnegeval en Siklag verslaan en dit met vuur verbrand;
Afrikaans (NLV) 2011 Drie dae later, toe Dawid en sy manne in Siklag aankom, ontdek hulle dat die Amalekiete ’n strooptog in die Suidland uitgevoer het. Hulle het ook Siklag verower en tot op die grond toe afgebrand.
Afrikaans 1933/1953 En toe Dawid met sy manne die derde dag by Siklag aankom, het die Amalekiete 'n inval gedoen in die Suidland en in Siklag, en hulle het Siklag verslaan en dit met vuur verbrand.
Afrikaans 1983 Toe Dawid en sy manne op die derde dag in Siklag aankom, het die Amalekiete al klaar 'n strooptog onderneem teen die Suidland en teen Siklag. Hulle het Siklag verower en afgebrand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Dawid en sy manne die derde dag by Siklag aankom, het die Amalekiete 'n strooptog uitgevoer in die Negev en in Siklag. Hulle het Siklag aangeval en afgebrand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid en sy manne het op die derde dag by die stad Siklag aangekom. Terwyl hulle weg was, het die Amalekiete die mense in die Suid-land en in Siklag aangeval en hulle het alles gevat wat hulle kon kry. Hulle het Siklag aangeval en hulle het die stad verbrand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Dawid en sy manne twee dae later by Siklag aankom, is die dorp afgebrand. Die Amalekiete was op ’n strooptog in die Negev, en Siklag het ook in die slag gebly.