1 Samuel 3:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het Samuel weer vir die derde keer geroep. En hy het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek! want U het my geroep. En Eli het gemerk dat die HERE die kindjie geroep het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here roep hom toe vir die derde keer, en weer hardloop hy na Eli toe. “Hier is ek,” sê hy. “U het my tog geroep.” Toe besef Eli dat dit die Here is wat die seun geroep het.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het Samuel weer geroep vir die derde maal; en hy het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Toe merk Eli dat die HERE die seun geroep het.
Afrikaans 1983 Die Here het Samuel toe 'n derde keer geroep, en hy het opgestaan en na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Toe besef Eli dat die Here die seun geroep het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here roep toe weer na Samuel vir die derde maal. Hy staan toe op, gaan na Eli en sê: “Hier is ek, want u het na my geroep.” Eli besef toe dat dit die Here is wat na die seun roep.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die Here die derde maal vir Samuel roep, het Samuel opgestaan en hy het na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want jy het my geroep.” Eli het toe besef dat dit die Here is wat die seun geroep het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het Samuel die derde keer geroep. Hy het na Eli toe gegaan en gesê: “U het my geroep. Het u my nodig?” Toe besef Eli dat die Here die seun geroep het.