1 Samuel 3:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het weer in Silo verskyn, want die HERE het Hom aan Samuel in Silo geopenbaar deur die woord van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het weer in Silo verskyn en daar sy woord aan Samuel geopenbaar. Samuel se woorde was aan die hele Israel gerig.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het weer verskyn in Silo; want die HERE het Hom geopenbaar aan Samuel in Silo deur die woord van die HERE.
Afrikaans 1983 Die Here het toe weer in Silo verskyn, want Hy het Hom in Silo aan Samuel geopenbaar deur die woord van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het daarna weer in Silo verskyn; ja, die Here het Hom in Silo deur sy woord aan Samuel geopenbaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het van toe af weer in Silo verskyn, want toe Hy in Silo met Samuel gepraat het, het Hy vir Samuel gewys wie Hy is. Samuel het met al die Israeliete gepraat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het meer kere in Silo verskyn. Hy het daar met Samuel gepraat en Samuel het die Here goed leer ken.