1 Samuel 3:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Samuel het hom alles vertel en niks vir hom weggesteek nie. En hy sê: Dit is die HERE; laat Hy doen wat Hy goed vind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe vertel Samuel alles vir Eli. Hy het niks weggesteek nie. “Dit is die Here se wil,” sê Eli. “Hy is die Here. Laat Hom doen wat Hy dink goed is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Samuel het hom al die woorde meegedeel, en niks vir hom verberg nie. En hy het gesê: Hy is die HERE; laat Hom doen wat goed is in sy oë. |
| Afrikaans 1983 | Toe vertel Samuel hom alles; hy het niks weggesteek nie. En Eli het gesê: “Hy is die Here, laat Hom doen soos Hy wil.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Samuel het toe alles vir hom vertel. Hy het niks vir hom weggesteek nie. Daarop sê Eli: “Hy is die Here – wat goed is in sy oë, sal Hy doen.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Samuel het vir Eli alles vertel. Hy het niks weggesteek nie. En Eli het gesê: “Hy is die Here, Hy moet doen wat Hy wil doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Samuel het hom toe alles vertel; hy het niks geheim gehou nie. Eli het daarop geantwoord: “Hy is die Here. Hy sal doen wat Hy wil.” |